Safari in the night , with a campfire going amd people that braai meat on the fire

Wat doen ʼn man wat te veel probleme het?

Hy BRAAI dit uit.

Alle oplossings

Ons Vuurtjie Storie

Ek het Bosrand Group begin omdat my laaste braai sonder sout was...
Ja, die vleis het soos ou skoenleer geproe, en my vriende het gelag.
Genoeg is genoeg.
In my Nelspruit-kombuis het ek die veld in 'n bottel gepak:
rookpaprika, knoffel, blare, en 'n klein geheim — SOUT.
Geen engelse naam nie.
Net Bosrand Braai Sout — want mans gebruik nie kinderspeelgoed nie.
Ons Missie?
Hou die Afrikaanse vuur aan die gang — met n koue ding, vleis en 'n ordentlike sout.
Ons beskerm die tradisie.
Ons proe die tradisie.
Ons braai soos die tradisie.

Produkte

Braai handboek

1

Kry jou braaier reg

Plaas die braaier op gelyke grond, maak jou vuil rooster skoon met 'n staalborsel sodat jou braaier blink, want jou huis is mos nie vuil as mense kom kuier nie.

2

Steek die vuur aan

Steek jou hout aan die brand 30 tot 45 minute voordat jy egter wil begin braai (dit mag dalk langer vat as jou pel heeltyd hout opgooi).

3

Gooi Bosrand Braai Sout op jou vleis

Gooi daai sout wat jou ieweskielik laat borshare groei op jou vleis, en moet nie speel nie!!!

4

Pak dit op die braaier

Sit jou goed gesoutde, geur gedrewe vleis op jou braaier en spasieer dit eweredig oor die vuur.

5

Braai tot perfeksie

Draai jou vleis gereeld om te verseker dat dit nie brand nie. As jou mond begin water, weet jy dis reg.

6

Laat rus en geniet!

Haal jou vleis uit die braaier en laat hom rus vir 5-10 minute sodat daai sappe in die vleis gestoor word. Ons vra net mooi om jouself te gedra en dit te geniet.